Akademiese groei van klein spore tot groot drome
💬 Waarom ons glo in akademiese uitbreiding:
🌟 By Laerskool Helderkruin glo ons elke kind se potensiaal moet blom — in én buite die klaskamer. 🎯 Deur buitemuurse akademiese aktiwiteite bou ons selfvertroue, vaardigheid en trots.
KRUINER AKADEMIE
Klik hier vir meer oor die Nasionale Kurrikulum:
👉 Departement van Basiese Onderwys
Akademiese groei van klein spore tot groot drome
Graad RR & R
📌 Ons beplan elke dag met struktuur en sorg.
- ’n Tipiese dag: • Aankoms & vryespel • Bybelstorie, liedjies, nuus & verjaarsdae • Toiletroetine • Tematiese aktiwiteite: Afrikaans, Wiskunde, Skeppende Kuns • Happietyd • Water- en sandspel, klimrame, opvoedkundige speelgoed • Buitespel en speletjies • Lewensvaardigheid • Storietyd & afskeid
Grondslagfase
🎯 Hier begin groot drome met klein, betekenisvolle treë. Elke kind is uniek, waardevol en vol potensiaal.
- Ons fokus daagliks op: • Afrikaans Huistaal • Engels Eerste Addisionele Taal • Wiskunde • Lewensvaardigheid • Kuns & Kultuur • Bewegingsontwikkeling • Robotika 👉 Speelleer en liefde vir leer staan sentraal.
Intermediêre & Seniorfase
🎓 Hier reik ons ál hoër – met selfvertroue, karakter en vaardigheid
- Graad 4–6 vakke: • Afrikaans | Engels | Wiskunde • Natuurwetenskap & Tegnologie • Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis & Geografie) • Lewensvaardigheid | Bewegingskunde • Kuns & Musiek | Robotika Graad 7 vakke: • Afrikaans | Engels | Wiskunde • Natuurwetenskap | Tegnologie • Sosiale Wetenskappe • Lewensvaardigheid | Bewegingskunde • Kuns | Musiek | Robotika Leerders ontvang handboeke en GDO-werksboeke. Assessering is deurlopend en kwartaaliks.
Vier rondes van welsprekendheid
Kruiners leer van jongs af om hul stemme te vind — van kletskouskarnaval tot nasionale finale.
Taal en Wiskunde Vertoning
Laerskool Helderkruin bied jaarliks 'n opwindende interne kompetisie aan waar ons Graad R-leerders hul taal- en wiskundevaardighede kreatief kan ten toon stel. Leerders kies 'n storie of tema uit hul leerinhoud en dramatiseer dit om hul begrip en taalgebruik te demonstreer.
- Na afloop van die vertonings word die top ses leerders gekies om die skool trots te verteenwoordig by die distrikskompetisie. Hierdie vertoning is deel van die departementele akademiese buitemuurse programme en bevorder vroeë akademiese ontwikkeling op 'n speelse en selfversekerde manier.
Taal en Wiskunde Vertoning
Helderkruiners in Graad 1 tot 3 neem met trots deel aan die Departement van Onderwys se voorgeskrewe akademiese buitemuurse programme, wat fokus op taalvaardighede, wiskundige denke en lewensvaardighede.
- Aktiwiteite sluit in: Spellathon, Readathon, Mental Maths, Wiskunde-uitdaging (Woordprobleme), Life Skills Celebration
WOW Spelfees
Leerders van Graad 1 tot 7 neem jaarliks deel aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WOW) Spelfees – 'n nasionale spelkompetisie. Uitdunne vind in die klaskamer plaas met behulp van die landwye WOW-woordelys.
- Toppresteerders dring deur na die volgende rondtes en staan 'n kans om aan die nasionale finale deel te neem.
Wiskunde-Olimpiade
Ons neem jaarliks deel aan die Departementele Wiskunde-Olimpiade, waar leerders se wiskundige vaardighede van plaaslike tot nasionale vlak getoets word.
- Die kompetisie begin met 'n interne skriftelike eksamen wat spoed, akkuraatheid en hoofrekening toets. Graad 7-leerders kry ook 'n afdeling vir gevorderde probleemoplossing.
- Die top twee leerders per graad gaan aan na die Circuit 4-kompetisie, met die moontlikheid om deur te dring tot distrik-, provinsiale en nasionale rondtes. Hierdie prestigeryke kompetisie moedig kritiese denke, deursettingsvermoë en liefde vir wiskunde aan – en bied die geleentheid om die skool en provinsie op nasionale vlak te verteenwoordig.
Super 12 Algemene Kennis
Twee uitstaande Graad 7-leerders word jaarliks gekies om Laerskool Helderkruin by die Super 12 Algemene Kennis-kompetisie te verteenwoordig. Hierdie spanuitdaging, wat vroeg in September plaasvind, toets algemene kennis op 'n wye spektrum van onderwerpe.
- By Laerskool Helderkruin glo ons dat elke leerder se potensiaal gestimuleer moet word – binne en buite die klaskamer. Deur hierdie akademiese buitemuurse aktiwiteite, bied ons vir leerders die geleentheid om hul talente te ontwikkel, selfvertroue te bou en met trots hul skool te verteenwoordig.