SPORTBLAD
Onthou dat jong spelers deelneem vir die genot daarvan en dat om te wen, deel uitmaak van die genot. Moenie jong spelers verkleineer of op hom/haar nadat hy/sy ‘n fout begaan het nie. Die veiligheid en voorspoed van deelnemers moet die hoogste prioriteit geniet. Bied aan alle jong mense ‘n regverdige geleentheid, nieteenstaande sy/haar geslag, vaardigheid, kultuur of geloof.
Laerskool Helderkruin bied die volgende sportaktiwiteite aan:
Landloop word regdeur die jaar beoefen sodat ons langafstandatlete ook in die volgende atletiekseisoen die vrugte kan pluk van hulle harde oefening. Leerders oefen onder die wakende oog van ons kundige personeel.
Kruiners met langasems.
Afrigting is reeds vanaf graad 1 vir ons leerders beskikbaar. Die kwaliteit van afrigting het tot gevolg gehad dat daar reeds verskeie Cravenweekspelers opgelewer is.
Tau Rugby
Elke jaar is daar twee of drie Tau aande wat by Laerskool Helderkruin aangebied word. Dit is ongelooflik om te sien hoe die klein mannetjies rugby speel. Met ongelooflike talent en passie vir die spel, staan die seuns vir niemand terug nie en skrik vir niks. Dankie, vir julle harde werk manne en ons sien uit na volgende jaar.
Graad 1 tot graad 3-leerders word bekend gestel aan mini-krieket. Die basis vir goeie krieketspelers word hier gelê.
Die ouer leerders ontvang intensiewe afrigting. Laerskool Helderkruin is die afgelope jare gevestig as die voorste krieketskool in die Wesrand.
By Laerskool Helderkruin is ons baie trots op ons tennisspelers se prestasies. Ons neem jaarliks deel aan die liga wat in die derde kwartaal plaasvind. Graad 4 en 5 vorm deel van die junior span en graad 6 en 7 vorm deel van die senior span. Ons is trots om ’n goue en groen span in elke ouderdomsgroep in te skryf. Gedurende ’n wedstryd kry elke speler die geleentheid om ’n enkel wedstryd en ’n dubbel wedstryd te speel. Die tennisspelers kry die geleentheid om aan ’n rond-om-talie deel te neem, so word die ranglyste vir die liga wedstryde saamgestel.
By tennis streef ons daarna om die sport te geniet met goeie sportmangees en die nodige respek vir elke deelnemer.
Tennis by Laerskool Helderkruin het ’n ongelooflike tradisie. Elke jaar skop die tennis-seisoen af met ’n Wimbledon week by Helderkruin.
Die eerste klas afrigting wat die skool aanbied word deur privaat afrigters aangevul. Die skool beskik oor drie bane en puik prestasies word bereik.
Die jaarlikse Wimbledon week is ’n hoogtepunt vir baie leerders by Laerskool Helderkruin. Die week gaan dit nie net oor wie die beste speel op die tennisbane nie, maar oor die spierwit uitrustings met kleurvolle bykomstighede en watter graad die meeste gees bring na die bane toe.
Elke graad kry ’n dag wat die leerders uitspeel om een span as kampioene aan te wys. Op die laaste dag ruil die kampioene hul spanmaat vir ’n onderwyser, dit verskaf baie genot vir die res van die leerders, waar hulle sien hoe een van hul gunsteling onderwysers vaar op die tennisbaan. Hierdie week is ’n lekker geleentheid vir die leerders om uit hul gemaksone te klim en baie pret te hê.
Laerskool Helderkruin bied hokkie aan vir dogters en seuns. Wanneer ons spelers hoërskool toe gaan is hulle al vertroud met die vaardighede en tegnieke van hierdie gewilde sportsoort.
Netbal is ‘n wintersport wat baie gewild is by ons dogters. Onder die wakende oog van ons puik afrigters word goeie resultate bereik.