SKOOLDRAG

SKOOLUNIFORM

SOMER

Dogters


  • helderblou geruite rok met donkerblou knope; lussies langs die kant met ‘n bypassende lyfband.
  • kort blou “ski pants” onder die rokkie.
  • kort helderblou sokkies met een rooi en een ligblou streep om die enkel.
  • moulose koningsblou V-nek trui met een rooi en een ligblou streep om die nek of ‘n langmou koningsblou V-nek trui met een rooi en een ligblou streep om die nek asook een rooi en een ligblou streep aan die einde van die moue.
  • kleurbaadjies mag gedra word, maar slegs saam met kouse/sokkies en skoene.
  • swart skoolskoene of kaalvoet
Dogters Somerdrag

Seuns


  • wit kortmouhemp met oopslaanhals en grys kortbroek.
  • lang helderblou kouse (soos hierbo beskryf).
  • moulose of langmou skool trui (soos hierbo beskryf) mag gedra word.
  • kleurbaadjies mag gedra word, maar slegs saam met kouse/sokkies en skoene.
  • swart skoolskoene of kaalvoet.
Seuns Somerdrag

Geen ringe of juweliersware, behalwe seëlringe, mag deur dogters skool toe gedra word nie.  Horlosies is toelaatbaar (slimhorlosies) en “Medic-Alert”-kettinkies spreek vanself.

Oorringetjies (“sleepers” met ‘n maksimum dikte van 1,5mm) of knopies word toegelaat indien dit silwer of goud is.  Oorringe met ‘n siersteentjie of oorringetjies met ‘n gelukbringertjie (“charm”) word nie toegelaat nie.  Slegs een oorringetjie per oor word toegelaat.

Slegs balkies en leier-aansteekspeldjies word toegelaat op kleurbaadjies.  Geen ander aansteekspeldjies word toegelaat nie.

WINTER

Dogters


  • grys langbroek (met lang helderblou kouse of kort sokkies) of ‘n grys romp (lang kouse of donkerblou “opaque” sykouse), wit langmouhemp met ‘n boortjiehals en koningsblou das met die skoolwapen geborduur op die das.
  • kort “ski pants” onder die romp.
  • moulose of langmoutrui (soos hierbo beskryf), skoolbaadjie of skoolwindjakker mag gedra word.
  • Serpe en handskoene in donkerblou word toegelaat.
  • swart skoolskoene
Dogters Winterdrag

Seuns


  • grys langbroek, wit langmouhemp met boordjiehals ‘n koningsblou das met die skoolwapen geborduur op die das.
  • moulose of langmoutrui (soos hierbo beskryf), skoolbaadjie of skoolwindjakker mag gedra word.
  • Serpe en handskoene in donkerblou word toegelaat.
  • lang kouse (soos hierbo beskryf) en swart skoolskoene.
Dogters Winterdrag

MBK

Slegs op die dag wat die leerling MBK het mag die volgende gedra word:

  • ‘n donkerblou kortbroek met die skoolwapen regsonder voor op die broek en die woord “Helderkruin” regsonder agterop die broek in ligblou geborduur.
  • ‘n donkerblou gholfhemp met ‘n donkerblou kraag met ‘n wit streep en wit strepe weerskante van die hemp. Skoolwapen geborduur op die linkerbors.
  • ‘n donkerblou sweetpakbaadjie met ‘n rooi en ‘n ligblou streep voor- en agterop die baadjie.
  • ‘n donkerblou sweetpakbroek met ‘n rooi en ‘n ligblou streep aan die onderkant van die regterkantste broekspyp.
MBK Kleredrag

KRUINER KLITSIES

SOMER

  • ‘n Donkerblou of rooi gholfhempie met die Klitsie-logo op die regterbors geborduur.
  • ‘n Donkerblou kortbroek met die woord “Klitsie” geborduur op die linkerbeen onder.
  • n Donkerblou ooprits “fleece” baadjie met die Klitsie-logo op die linkerbors geborduur.
  • ‘n Donkerblou pet met die Klitsie-logo geborduur voorop.

WINTER

  • ‘n Donkerblou of rooi gholfhempie met die Klitsie-logo op die regterbors geborduur. ‘n Donkerblou langmou T-hemp mag onder die gholfhempie gedra word. Huidige langmou Klitsie T-hemde
  • Enige donkerblou sweetpakbroek of denim
  • ‘n Donkerblou ooprits “fleece” baadjie met die Klitsie-logo op die linkerbors geborduur.
  • ‘n Donkerblou pet met die Klitsie-logo geborduur voorop.

Verskaffer: Wandi 082 415 6077

Kruiner Klitsies
Kruiner Klitsies
Kruiner Klitsies
Kruiner Klitsies

SPORTKLERE

HOKKIE/NETBAL KLERE (dogters)

  • ‘n V-nek moulose hemp en ‘n bypassende rompie in wit, rooi en koningsblou.
  • Hokkiesokkies: donkerblou kouse met ‘n rooi strepe
  • Netbalsokkies: wit sokkies met tennis tekkies
Sportklere

ATLETIEK & LANDLOOP

  • ‘n Ronde nek moulose donker navy hemp met wit en rooi patroon.
  • ‘n Donkerblou MBK-kortbroek/”ski pants”
Atletiek en Landloop

RUGBY

  • Rugbytruie word deur die skool voorsien.
  • Wit kortbroeke word tydens wedstryde gedra.
  • Eerste span speel wedstryde in swart kortbroeke.

KRIEKET

  • Donkerblou MBK hemp met ‘n donkerblou broek (grondslagfase)
  • Donkerblou MBK hemp en ‘n kort wit broek met lang donkerblou kouse met 2 rooi strepe onder die knie (intersenfase)
Krieket

TENNIS

  • Donkerblou MBK hemp met ‘n donkerblou broek (grondslagfase)
Tennis

SKAAK

Somer of winterskooldrag soos hierbo beskryf.

STREEKS- OF NASIONALE KLERE OP VRYDAE

‘n Leerling mag aansoek doen by die hoof om op ‘n Vrydag streeks- of nasionale klere aan te trek.