SKAAK
Skaak – maak jou skuif!
Terugblik in die geskiedenis
Daar word heelwat bespiegel oor hoe skaak ontstaan het, maar die algemeenste verhaal wat aanvaar word, is dat skaak meer as 1500 jaar gelede in Indië ontstaan het. ’n Koning het ’n arm wiskundige gevra om ’n bordspeletjie uit te dink. Die speletjie wat hy toe uitgedink het, het oor die jare baie min verander en dit was baie dieselfde as die skaak wat mense vandag nog speel.

Oefentye
Oefening vind elke Woensdag (vir seniors) en Vrydae (vir juniors) in die me. R Gorbler en me. R Terblanche se klasse plaas.
Organiseerder: Me. R Grobler
Juniors: 14:00 tot 15:00
Seniors: 15:00 to 16:00

Voordele van Skaak
- ’n Verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.
- Bevorder logiese redenering.
- Is ’n toets van geduld, senuwees, krag en konsentrasie.
Iets Interessant…
600 miljoen mense wêreldwyd kan skaak speel.
Topskaakspelers is ingespan om kodes te ontleed gedurende die Tweede Wêreldoorlog
Die woord “skaakmaat” is afgelei van “Shah Mat”, ’n persiese woord. Dit beteken, “die koning is dood”.
Na 3 skuiwe van elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord.
Dankie aan Knight Estates vir ons buitelug skaakstel!