OPVOEDKUNDIG

OPVOERINGS

Produksie 2000 kom loer jaarliks in met hope vermaak vir ons leerders.  Kruiners leer ook dat toneelspel ‘n wonderlike aspek van ons lewens is.

 

BOEK BUDDIES

Die Boek Buddies van die ATKV maak ons leerders lief vir lees met hul jaarlikse kuier. Die puik span besoek ons Gr. 1 – 7 leerders en dele uit nuwe boeke word aan die leerders opgevoer. Die kinders hang letterlik aan die Boek Buddies se lippe  met elke storie wat voorgedra word.Lees is lekker, lees is pret, lees is die beste ding wat ons het.

Boek Buddies

LEESWEEK

Ons vier elke jaar ‘n leesweek waartydens ons ‘n wye verskeidenheid van lees aktiwiteite doen. Sodoende word daar ‘n liefde vir lees geskep. Elke klas in die Intersenfase ontvang een ekstra periode lees per klas. Tydens hierdie periode word lees ingeoefen en vasgelê.

Bly Kalm en Lees n Boek
Leesweek
Leesweek - Leer om te lees

 

HERWIN

Ons leer van herwinning.

Ons maats kyk na die omgewing en pas dit op.