KRUINLYMPICS
Kruinlympics is ’n fees vol son, water, sportmangees, ywer en baie pret. Die leerders kan hier ’n span inskryf van vier leerders, aantrek soos ’n spesifieke nasionaliteit en deelneem aan ’n massiewe hindernisbaan. Elke leerder kry die geleentheid om om die baan te hardloop, al vier deelnemers se tyd word geneem en so bepaal dit die wenners van elke graad. Die doel is om uithouvermoë te toets.