KINDERKOOR

Koorfees ’n ware sielservaring

Helderkruin bied  jaarliks ‘n baie vrolike Koorfees aan. Die ouditorium word gepak met opgewonde ouers. Die aand word gewoonlik afgesluit met ‘n massakoor van sowat 300 koorlede. Ons is baie trots op ons Junior- en Kinderkoor wat ons jaarliks trots maak met hulle pragtige stemme.

KINDERKOOR

Kinderkoor is onder die begeleiding van Melinda Nel en koorleier Schalk van der Merwe. Oefening vind elke Woensdagmiddag vanaf 13:45 tot 16:00 plaas.

Koorkampe se doel is om die liedere in te oefen en te bestudeer.  Verder word die leerders ook as eenheid saamgebind met die aktiwiteite.  Die koorleiers word aangewys sodat die koor vlot kan verloop.

Ons Kinderkoor onderneem jaarliks ‘n weeklange toer na verskeie bestemmings in ons land.

Ons het al saam met die Drakensberg Seunskoor opgetree. Die optrede is in Japan uitgesaai.

KINDERKOOR Gr4-7

JUNIORKOOR

Ons Juniorkoor bestaan uit leerders van Gr 1 tot Gr. 4. Ons oefen op ‘n Maandag en Woensdagmiddag van 13:00 tot 14:00

Die koor se dirigent is mnr. Schalk van der Merwe. Koororganiseerder is Melinda Nel

JUNIORKOOR Gr1-4