KRITERIA VAN BALKIES EN ERE-KLEURE

Algemene inligting:· Geen leerder mag ‘n balkie in Gr. 1 – 3 dra nie.(Balkies word wel toegeken, maar moet gebêre word tot dit in Gr. 4 gedra mag word).

  • Slegs van Gr. 4 af mag ‘n leerder ‘n balkie dra en sal daar slegs ‘n maksimum van 9 balkies op die baadjie kan wees, gedurende ‘n leerder se laerskool loopbaan, nl.:

o 3 vir Akademie

o 3 vir Kultuur

o 3 vir Sport

  • Slegs leerders in Gr. 6 sal die Koord kan dra.
  • Slegs leerders in Gr. 7 sal die Sakwapen kan dra.

KOORD

  • Slegs aan die einde van Gr. 6 met ‘n gemiddeld van 80% (per jaar) vir Gr. 4, 5 en 6.

ERE SAKWAPEN

  • Slegs aan die einde van gr. 6 met ‘n gemiddeld van 85% (per jaar) vir Gr. 4, 5 en 6.

AKADEMIE·

  • 1ste Keer = rooi balkie in Gr. 4
  • 2de Keer = silwer balkie in Gr. 5
  • 3de Keer = goue balkie in Gr. 6

Slegs wanneer ‘n leerder in Gr 6 ‘n goue balkie ontvang het en vanaf Gr. 4 tot gr. 6 ‘n gemiddeld van 85% vir elke jaar en hoër gehandhaaf het, ontvang hy/sy ‘n Volle Ere-Kleure Sakwapen, andersins ontvang hy/sy net Prestasie Ere-Kleure = koord vir 80% gemiddeld vir elke jaar.

KULTUUR·

Die 3de rooi balkie word vervang met ‘n silwer balkie.· Die 3de silwer balkie word vervang met ‘n goue balkie.

  • ‘n Goue balkie is die hoogste toekenning vir kultuur, daarna geen verdere erkenning!

Let wel ‘n leerder gaan slegs die 1ste balkie in rooi en silwer ontvang, die res word slegs van rekord gehou, totdat die volgende kleur balkie toegeken word.

Totaal van 30 punte om ‘n balkie te ontvang!

Binne Skoolverband:

90% = 10 punte

80% = 5 punte

70% = 3 punte

60% = 2 punte

50% = 1 punt

Buite Skoolverband:

90% = 5 punte

80% = 4 punte

70% = 3 punte

60% = 2 punte

50% = 1 punt

Kultuur binne skoolverband

Kunswedstryd

Alle fassette – Afrikaans of Engels

Alle vorme van poësie en lees = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie

  • Musiek = Sang = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Spreekkoor = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Koor = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Visuele Kuns = Skilder/Teken/Collage/Modelleer/Ontwerp = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Redenaarsfees/Public Speaking/ATKV Redenaars/Radikale Redenaars/WOW-Spelfees = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie

Kultuur buite skoolverband

  • Enige ander Koor
  • Kunswedstryd -Instrumentaal/Orkes/Kinderorkes/Strykorkes = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • UNISA Praktiese Eksamen/Unisa Ere-Rol = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Alle dans eksamen en Festival = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie
  • Spraak en Drama/Musiek eksamens/RACA/Eisteddfod = slegs ‘n punt vir hoogste prestasie (een punt vir alle fassette)
  • SPORT Die 3de rooi balkie word vervang met ‘n silwer balkie. Die 3de silwer balkie word vervang met ‘n goue balkie.
  • ‘n Goue balkie is die hoogste toekenning vir sport, daarna geen verdere erkenning!

Let wel ‘n leerder gaan slegs die 1ste balkie in rooi en silwer ontvang, die res word slegs van rekord gehou, totdat die volgende kleur balkie toegeken word.

Totaal van 15 punte om ‘n balkie te ontvang!

Sport binne skoolverband

Atletiek (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Punt bo 700 op ABSA tabel by Inter = 1 punt
  • D12 = 3 punte
  • Provinsiale Kleure = 5 punte
  • S.A.’s = 10 punte

Netbal (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Ligawenners = 1 punt
  • Noord-Vaalkampioenskappe = 5 punte
  • Gauteng B span = 8 punte
  • Gauteng A span = 10 punte

Rugby (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Ligawenners = 1 punt
  • Kwart Finaal = 2 punte
  • Semi Finaal = 3 punte
  • Finaal = 4 punte
  • Sentraal-Wes = 5 punte
  • Goue Leeus = 8 punte
  • Craven Week = 10 punte

Krieket (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Ligawenners = 1 punt
  • Aandreeks wenners = 3 punte
  • Sentraal-Wes = 5 punte
  • Gauteng = 10 punte

Hokkie (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Ligawenners = 1 punt
  • D12 = 5 punte
  • Gauteng = 10 punte

Landloop (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • By 3 byeenkomste onder die 1ste 10 = 1 punt
  • D12 = 5 punte
  • Gauteng = 10 punte

Skaak (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • 2 Toernooie = 1 punt
  • D12 = 5 punte
  • Gauteng = 10 punte/li>

Tennis (Slegs ‘n punt vir hoogste prestasie)

  • Ligawenners = 1 punt
  • D12 = 5 punte
  • Gauteng = 10 punte

Sport buite-skoolverband (Alle sportsoorte wat nie deur die skool aangebied word nie).

  • Brons medalje = 1 punt
  • Silwer medalje = 2 punte
  • Goue medalje = 3 punte
  • Provinsiale kleure = 4 punte
  • S.A.’s = 5 punte