AKADEMIEBLAD

Motivering vir Akademie

Die visie van Laerskool Helderkruin is om elke kind te lei tot volle potensiaalontwikkeling. Uitkomsgebaseerde onderwys speel hier ‘n baie groot rol. Daarmee saam streef die skool daarna om te alle tye ‘n gelukkige skoolgemeenskap te kweek en te behou.

‘n Gelukkige skoolgemeenskap kristalliseer uit in die volgende aspekte:

    • Gelukkige kinders
      Kinders wat weet hulle ervaar opregte belangstelling van ouers en personeel. Kinders wat beleef dat hulle elkeen erken word as ‘n unieke persoonlikheid wat met deernis en begrip gelei kan word tot volle potensiaalontsluiting.
    • Gelukkige personeel
      As vormers van kinders het elke personeellid ‘n Godgegewe opdrag ontvang wat groot verantwoordelikheid meebring, maar ook wonderlike geleenthede bied. ‘n Gelukkige personeellid is ‘n persoon wat altyd beskikbaar is vir sy leerlinge en wat die volkome vertroue van die kinders en ouers gewen het.
    • Gelukkige ouers
      Dit is ouers wat berusting vind in die vaste oortuiging dat hulle kinders kwaliteit onderrig en opvoeding by hulle skool ontvang. Die skool word gesien as ‘n vennoot en bondgenoot in die vorming van hulle kinders –dus in der waarheid ‘n verlengstuk van die ouerhuis, terwyl die ouer steeds die primêre opvoeder bly.

By Laerskool Helderkruin word ‘n baie hoë akademiese standaard gehandhaaf. Die terugvoer wat ons van plaaslike hoërskole ontvang, is so positief dat ons werklik kan sê: Die kinders van Helderkruin is akademies uitstekend onderlê.

By Laerskool Helderkruin is die opvoeding gebou op drie pilare naamlik: akademie, sport en kultuur waarvan die akademie die belangrikste is. Al drie die pilare is en bly gegrondves op die Woord van God waardeur en waaruit alle riglyne hulle oorsprong het.

Die akademie by Laerskool Helderkruin word ondersteun deur:

EKSTRA KLASSE

Ekstra Klasse vir gr1-3
Ekstra klasse vir gr 4-7 leerders

LEIERSKAPONTWIKKELING (Klik vir addisionele inligting)