LANDLOOP

Landloop word regdeur die jaar beoefen sodat ons langafstandatlete ook in die volgende atletiekseisoen die vrugte kan pluk van hulle harde oefening. Leerders oefen onder die wakende oog van ons kundige personeel.

2015

Kruiners met langasems

Drie Kruiners: Shovani Steinmann, Nicole Botha en Keara Pretorius het op 19 September aan die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Hierdie klompie atlete maak die Kruiners baie trots.

Hierdie jaar het die landloop seisoen afgeskop met 35 atlete van graad 1 tot 7. Onder afrigting van Rolandi Minnaar en Erika Gresse asook privaat afrigters, het die atlete hul prestasies verbeter deur vier keer ‘n week te oefen.

Tien atlete het gekwalifiseer om aan die D12 kampioenskappe deel te neem. Drie Kruiners: Shovani Steinmann, Nicole Botha en Keara Pretorius neem ook op 19 September aan die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria deel. Hierdie klompie atlete maak die Kruiners baie trots.

2014

Gautengkampioenskappe

Neige Booysen, Ruandre Booysen en Nicole Botha

Kruiners Landloop is Tops!

Die landloopseisoen het met ’n “Bang” begin! Alhoewel die weer nie altyd wou saamspeel nie, het 25 Kruiners hulle staal gewys. Mee Rolandi Minnaar en Erika Gresse is baie trots op die atlete wat vier middae ’n week geoefen het. Hulle het beslis die vrugte gepluk tydens die drie byeenkomste te Weltevreden Park Primary, aangesien die meeste van hulle elke keer in die top 20 geëindig het. Helderkruin spog ook met 10 medaljes (3 goud, 5 silwer en 2 brons).

Elf van die atlete het gekwalifiseer om aan die D12 Kampioenskappe deel te neem. Drie Kruiners, Nicole Botha, Neige Booysen en Ruandré Booysen neem 20 September deel by die Gautengkampioenskappe te Vereniging. Welgedaan met ’n goeie seisoen!