Adult vps#gallery-1Best web hosting for artistsgraadBest web hosting plansmaklik nooit woordeCheap europe vpsgraadalle poogWindows xp hosting
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

  • WOW-Spelfees betekenis

    Woorde open Wêrelde

    By Laerskool Helderkruin neem ons deel aan verskillende aktiwiteite en kompetisies met die oog op die holistiese ontwikkeling van  leerders. Ons droom nie net groot nie, maar poog om aan alle leerders die geleentheid te gee om te kan deelneem volgens sy/haar talente en belangstellings.  Daarom neem ons deel aan die WOW-Spelfees

  • Nasionale Byeenkoms

    Laerskool Helderkruin neem sedert 2014 deel aan die WOW-spelfees. Hierdie kompetisie leer nie net die leerders om te spel nie, maar hulle leer sommer terselfdertyd die vaardighede om kompetisiedruk te hanteer. Daarom gee ons aan elke leerder vanaf Gr 1 tot 7 die geleentheid om aan die eerste uitdunrondte deel te neem.

    Die WOW-spelfees is ’n regte spanpoging, want self in die vliegtuig op pad Stellenbosch toe het jy gesien hoe word woorde geleer. Soms het jy gehoor ’n ouer sê dit is baie belangrik om korrek te spel veral die leestekens moet genoem word, soos byvoorbeeld deelteken-e, koppelteken en afkappingsteken.

  • Hoe werk dit

    Graad 1 en 2 moet woorde klank, terwyl die res moes spel. Met elke rondte word die woorde meer gekompliseerd  en deelnemers se spanningsvlakke word tot die uiterste getoets. Die leerders ontvang woorde om te leer, maar die wat vorder tot op nasionale vlak ontvang ook woorde om te spel, wat hulle nie geleer het nie.

  • WOW Spelfees Provinsiaal te Stellenbosch:  Mia Kotzee en Liam Meintjies

    WOW Spelfees Provinsiaal te Stellenbosch: Mia Kotzee en Liam Meintjies

  • IMG_4485

  • Groep van WOW SpelfeesLaerskool Helderkruin het vanjaar vir die eerste keer aan die WOW-Spelfees deelgeneem. Die projek poog om leerders bewus te maak van die krag van die taal wat hulle praat, om leerders lief te maak vir lees, honger vir kennis, en lus te maak vir studie op skool en later op universiteit.

    Al die Kruiners vanaf gr.1 tot 7 het aan die eerste uitdunronde deelgeneem, aangesien ons doel by die skool is om elke leerder die geleentheid te bied om sy/haar kennis te verbreed veral met die toenemende gebruik van tegnologie en leerders se eie unieke selfoontaal.

    En so is die leerders ronde na ronde uitgedun tot die top 8 per graad wat deelgeneem het aan die Provinsiale ronde te Laerskool Fairland. Na ʼn lang, stresvolle en uitputtende middag gebeur dit toe so dat die Woorde Wêrelde Open vir ons Kruiners. 11 van die 21 leerders wat gekies is om deel te neem aan die Nasionale ronde is Kruiners. Die opwinding loop hoog en almal is aan die gons, want ons is oppad Stellenbosch toe. Vliegtuigkaartjies word geboek, verblyf word gereël en woorde word geleer.

    Die eindronde breek toe aan op 18 Oktober nadat 600 skole dit in streek- en provinsiale kompetisies uitgespook het. Leerders uit agt provinsies het deelgeneem aan die Nasionale ronde.

    Leerlinge het elk ʼn nommer gekry wat saam met die woord wat hulle moet spel, uitgeroep word. As hulle die woord verkeerd klank of spel, val hulle uit, sommer dadelik, al is dit die eerste ronde. WOW, hoe opwindend was dit toe nie om ʼn Graad 1tjie “seisoene” korrek te hoor klank. En nog moeiliker woorde soos “joghurt” en dan sommer die Graad 2-lyste ook kaf te draf met ingewikkelde woorde soos “waatlemoen” en “ambulans”. Met pa’s en ma’s en onderwysers wat trots (maar heimlik gespanne) toekyk.

    Ons Kruiners het uitstekend gevaar en almal in die top 10 in hul graad ge-eindig. Jolinda de Kock in Graad 6 was ʼn uitblinker en spog met 3de plek.

    WOW spelfees (5)

    Laerskool Helderkruin sal verseker volgende jaar weer aan die kompetisie deelneem en so sal ons ʼn trotse taal tradisie bou.

    Leerders wat deelgeneem het aan die Nasionale ronde:

    Graad 1 – Jordyn Smit

    Graad 2 – Mia Kotze en Martinique Brits

    Graad 3 – Ashley Janse van Vuuren

    Graad 4 – Kayla de Beer en Krystin du Plooy

    Graad 5 – Lara Cowley

    Graad 6 – Junandi Meyer en Jolinda de Kock

    Graad 7 – Jani van Biljon

    Cherize Jordaan het ʼn dag voor die tyd onttrek as gevolg van ʼn noodgeval en opgeneem is in die hospitaal. Dit gaan baie beter met Cherize en sy is terug by die skool.

    23 Oktober 2014

    Karen Lourens

    WOW spelfees (17)Juffrou Rolandi Minaar is beoordelaar by die WOW Spelfees in Stellenbosch

     

     

    WOW-Spelfees 2014

     

    Wow Spelfees (2)

     

     

    WOW Spelfees26

     

    WOW-Spelfees 2014

    Woorde open Wêrelde is verseker wat met ons Kruiners gebeur het hierdie jaar.

    By Laerskool Helderkruin neem ons deel aan verskillende aktiwiteite en kompetisies met die oog op die holistiese ontwikkeling van  leerders. Ons droom nie net groot nie, maar poog om aan alle leerders die geleentheid te gee om te kan deelneem volgens sy/haar talente en belangstellings.

    Die Universiteit van Stellenbosch bied ʼn WOW-fees aan met propvol verskillende projekte vir laerskool- en hoërskool leerders.

    Die Kruiners het besluit om die spelkompetisie aan te pak.  Alle leerders van graad 1 tot 7 het deelgeneem aan die eerste skriftelike rondte van die kompetisie. Die woordlyste is van die internet gelaai en sjoe, wat ʼn taak om die woorde onder die knieg te kry. Elke graad se woorde is volgens moeilikheids graad ingedeel en selfs die maklike woorde was nog nooit maklik as jy die woorde mondelings moet spel nie.

    Die spanning het hoog geloop in die skool en almal was aan die klank en spel, tot die laaste uitdun rondte by die skool. Gedurende die rondte is die top 8  spellers per graad gekies wat deurgedring het na die Provinsiale rondte op 19 September 2014. Die senuwees het geknaag, selfs die personeel was die ene bolletjies stres. Die standaard van deelname was hoog en daar is deurgedring van die een rondte na die volgende om die beste drie spellers per graad te kies vir die Nasionale rondte te Universiteit van Stellenbosch.

    En … WOW … so open die WOW-spelfees wêrelde vir Laerskool Helderkruin. 11 Leerders dring deur na die Nasionale rondte. Stomgeslaan … sonder woorde … en met baie trots word daar nou geskarrel om reëlings te tref vir die trip na Stellenbosch op 18 Oktober 2014.

    Die leerders wat deur is na die Nasionale rondte is:

    Graad 1:    Jordan Smit

    Graad 2:    Martinique Brits & Mia Kotzee

    Graad 3:    Ashley Janse van Vuuren

    Telize Beylefeld (reserwe)

    Graad 4:    Kayla de Beer & Krystin du Plooy

    Graad 5:    Lara Cowley

    Graad 6:    Junandi Meyer & Jolinda de Kock

    Graad 7:    Jani van Biljon & Cherise Jordaan


Hit Counter provided by technology news