sportmangeeslaerskoolspanskopgenietBest web hosting plansbane’nklas eerstewimbledon
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

  • Tennis

    By Laerskool Helderkruin is ons baie trots op ons tennis leerders se prestasies. Ons neem jaarliks deel  aan die liga wat in die derde kwartaal plaasvind. Graad 4 en 5 vorm deel van die junior span en graad 6 en 7 vorm deel van die senior span. Ons is trots om ’n goue en groen span in elke ouderdomsgroep in te skryf.   Gedurende ’n wedstryd kry elke speler die geleentheid om ’n enkel wedstryd en ’n  dubbel wedstryd te speel. Die tennisspelers kry die geleentheid om aan ’n rond-om- talie deel te neem, so word die ranglyste vir die liga wedstryde saamgestel.

    By tennis streef ons daarna om die sport te geniet met goeie sportmangees en die nodige respek vir elke deelnemer.

  • Helderkruin Wimbledon week

    Die jaarlikse Wimbledon week is ’n hoogtepunt vir baie leerders by Laerskool Helderkruin.  Die week gaan dit nie net oor wie die beste speel op die tennisbane nie, maar oor die spierwit uitrustings met kleurvolle bykomstighede en watter graad die meeste gees bring na die bane toe.

    Elke graad kry ’n dag wat die leerders uitspeel om een span as kampioene aan te wys.  Op die laaste dag ruil die kampioene hul spanmaat vir ’n onderwyser ,dit  verskaf baie genot vir die res van die leerders, waar hulle sien hoe een van hul gunsteling onderwysers vaar op die tennisbaan.  Hierdie week is ’n lekker geleentheid vir die leerders om uit hul gemaksone te klim en baie pret te hê.

     

    Wimbledon Tennis

 

 

 

 

Tennis by  Laerskool Helderkruin  het ’n ongelooflike tradisie.  Elke jaar skop die tennis-seisoen af  met ’n Wimbledon week by Helderkruin.

Die eerste klas afrigting wat die skool aanbied word deur privaat afrigters aangevul. Die skool beskik oor drie bane en puik prestasies word bereik.

 

 

 

 

 

 

 

 


Hit Counter provided by technology news