Best web hosting domain– voorsitterkeurkomitee laerskole‘nquellerinakerkraadvrye speel graagschutte mnrleefschutte
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

Mnr. C.S. Schutte is in 1959 gebore en het aan die Oos-Rand grootgeword waar hy in 1976 aan die Hoërskool Vryburger gematrikuleer het.  Hy het sy HOD in 1981 aan die G.O.K. voltooi waarna hy ‘n offisierskursus te Oudtshoorn voltooi het.Hy is in 1982 met Theresa getroud en daar is twee kinders, Chris Jr. en Carla uit die huwelik gebore.Mnr. Schutte begin sy onderwysloopbaan in 1982 aan die Wes-Rand en doen ondervinding op in laer-, hoër- en spesiale onderwys.  Mnr. Schutte sit sy studies voort en behaal die grade BA en B.Ed onderskeidelik in 1992 en 1993 aan die R.A.U.  Na vyf jaar as Adjunk-hoof by Laerskool Louw Geldenhuys word hy as hoof aangestel by Laerskool Theo Wassenaar in April 2001.  In Februarie 2010 word hy as Hoof by Laerskool Helderkruin aangestel.

Mnr Schutte leef hom uit in die onderwys en dien op verskeie komitees:
SAOU Provinsiale Bestuur en Dagbestuur
Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) Afrigtersvereniging –Ondervoorsitter en Dagbestuur
GLRU Laerskole komitee – Sekretaris en Dagbestuur
GLRU Laerskole Keurkomitee – Voorsitter van die O/12’s

Mnr. Schutte is ‘n toegewyde Christen en het op die kerkraad van die NG Kerk Quellerina as diaken en ouderling gedien.

In sy vrye tyd speel hy graag gholf en speel tans van ‘n 11 voorgee.

 


Hit Counter provided by technology news