Ons goedgekeurde skoolgelde vir 2020 is as volg:
Graad | Volle Jaar | Per maand (oor 11 maande) |
Gr RR | R 22550.00 | R 2050.00 |
Gr R | R 21450.00 | R 1950.00 |
Gr 1-5 | R 16775.00 | R 1525.00 |
Gr 6 | R 20460.00 (sluit Gr 6 Opvoedkundige toer in) | R 1860.00 |
Gr 7 | R 18315.00 (ingesluit Leierkamp) | R 1665.00 |
Hierdie gelde is betaalbaar in 11 gelyke paaiemente wat strek vanaf die end van Januarie tot die end van November. Leerders wat nie vir ‘n volle jaar by Laerskool Helderkruin ingeskryf is nie se fooie sal pro rata tot die tydperk van die inskrywing bereken word.
Skoolgelde is betaalbaar voor die 7de van elke maand, inbetaalbaar direk in die skool se bankrekening met u rekeningnommer as verwysing. State word maandeliks elektronies aan die ouers gestuur word. Aansoeke vir statutêre vrystellings wat beskikbaar is vir kwalifiserende ouers volgens die Skolewet moet so gou moontlik, deur beide ouers aan die skool besorg word. Die nodige vorms is verkrygbaar by die finansie afdeling van die skool. Let daarop dat hierdie dokumente jaarliks voltooi moet word vir oorweging .
Skoolgelde moet by wyse van direkte bankinbetaling (kontant by Nedbank/EFT/ deur middel van betalingsinstruksie aan u bank) plaasvind.
Bankbesonderhede is as volg:Laerskool Helderkruin
Tjekrekening te Nedbank
Takkode: 198 765
Rekeningnommer: 1063667984
Begunstigdeverwysing: Rekening nommer van gesin en van/naam van oudste leerder
U is egter ook welkom om van die skool se kredietkaartfasiliteite gebruik te maak. Die fasiliteit is beskikbaar in die finansiële kantoor gedurende normale skoolure op skooldae tussen 8:00 en 14:00
KRUINERMUNTE
Die skool maak ook gebruik van sy eie muntestelsel vir skoolaktiwiteite soos bv die feesdag. Die munte kan ook ter betaling aangewend word by die snoepie en die skool se kafeteria. U kan hierdie munte aanskaf by die finansiële kantoor gedurende normale skoolure op skooldae tussen 8:00.
Die volgende denominasies is bekikbaar:
Blou munt R10
Rooi munt R5
Wit munt R1