Best web hosting domain’nkotzee–          Bigrock coupon codesBuy linux vpsbevorderwoensdag elke vindverbetering ’nontleed
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

Skaak – maak jou skuif!

Terugblik in die geskiedenis

Daar word heelwat bespiegel oor hoe skaak ontstaan het, maar die algemeenste verhaal wat aanvaar word, is dat skaak meer as 1500 jaar gelede in Indië ontstaan het.   ’n Koning het ’n arm wiskundige gevra om ’n bordspeletjie uit te dink.  Die speletjie wat  hy toe uitgedink het, het oor die jare baie min verander en dit was baie dieselfde as die skaak wat mense vandag nog speel.

  • Oefening vind elke Woensdag plaas.

    Juniors    –           Me M Kotzee se klas (13:15 tot 14:00)

    Senior      –           Me R Grobler in die Mediasentrum (14:00 tot 15:00)

  • –           ’n Verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.

    –           Bevorder logiese redenering.

    –           Is ’n toets van geduld, senuwees, krag en konsentrasie.

    • 600 miljoen mense wêreldwyd kan skaak speel
    • Topskaakspelers is ingespan om kodes te ontleed gedurende die Tweede Wêreldoorlog
    • Die woord “skaakmaat” is afgelei van “Shah Mat”, ’n persiese woord.  Dit beteken, “die koning is dood”.
    • Na 3 skuiwe van elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord.
  • Op Woensdag 8 Maart 2017 het S.J. Breitenbach ‘n skaak- werkswinkel by ons skool in die mediasentrum aangebied. Hy het die leerders baie oulike skuiwe geleer en goeie metodes gewys hoe om die bord te beheer met die skaakstukke. Dit was ‘n leersame middag, en die leerders gaan hierdie skuiwe beslis toepas in hul volgende wedstryde. Ons bedank S.J. vir ‘n uiters interessante werkswinkel.


Hit Counter provided by technology news