fondselaerskoolherwinningsinisiatief skoolBest web hosting for small businesspapierBest web hosting plansgroengangronniebag”
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
Comment are off

Ronnie kuier by Laerskool Helderkruin

ronnie potrait
Laerskool Helderkruin het Woensdag, 8 Maart 2017 ’n spesiale besoek van Ronnie Recycler (die Mpact Recycling gelukbringer) en Yasmeen Adam (Verkryging verteenwoordiger van Mpact Recycling) gehad.

Die doel van die Ronnie besoek was om beide leerders en onderwysers oor herwinning en wat herwinbaar is, op te voed.

Die skool het ‘n groen Ronnie Bank en Ronnie moedig die leerders aan om hom weekliks te vul met die volgende herwinbare items:

  • Enige vorm papier – wit en gekleurd
  • Koerante
  • Tydskrifte
  • Ou briewe en memorandums
  • Kartonbokse, soos graankosbokse, wat platgevou is
  • Fotostaat- en fotokopiëerpapier
  • Ou telefoongidse
  • Ou skoolboeke en handboeke
  • Koeverte
  • Gemorspos en katalogusse
  • Melk- en sapkartonbokse, soos koeldrankboksies, wat platgevou is

Ronnie het ook ‘n “Little Green Ronnie Bag” vir elke leerder gebring om vol te maak sodat hulle kan help om Ronnie te ‘voer’.

Wanneer jy herwin, bevoordeel jy die omgewing omdat minder herwinbare papier na stortingsterreine gaan. Die Ronnie Recycler Skoolprogram stel skole in staat om fondse in te samel (die skool word betaal vir hul herwinbare papier) terwyl leerders van omgewingsbewustheid, -verantwoordelikheid en –volhoubaarheid leer.

Laerskool Helderkruin gaan maandliks ‘n papierveldtog hou terwyl hulle aan die Mpact Recycling Skoolkompetisie deelneem wat van Februarie 2017 tot einde September 2017 aan die gang is.

Laerskool Helderkruin wil dankie aan al die leerders en hul ouers sê vir hul ondersteuning vir die skool se herwinningsinisiatief en vra die gemeenskapslede en plaaslike besighede om die skool te ondersteun deur hul ongewenste papier, tydskrifte, koerantpapier, ensovoorts na die skool te bring om herwin te word. Hulle het almal se bydrae nodig om hul doel te maak terwyl hulle aan die Skoolkompetisie deelneem.

Vir meer inligting oor die Mpact Recycling Skoolkompetisie en hoe jy Laerskool Helderkruin kan ondersteun, kontak:
Mpact Recycling kontaknommer: 011 538 8600 / 0800 022 112
E-pos addres: yadam@mpact.co.za
Webtuiste: www.mpactrecycling.co.za


Hit Counter provided by technology news