ATKV REDENAARS
-
Gr 2 – 3
Maniere, Droom, Jok
Gr 4-5:
Spaar, Kuns, Frons
Gr 6-7:
Vrees, Dink, Dans
Uit die tema moet ‘n onderwerp geformuleer word wat ‘n standpunt bevat, en die standpunt moet aan die hand van bronne en argumente beredeneer word.
Gr. 4 – 7 leerders neem deel aan die Aikona-fees. Dit is Laerskool Helderkruin se interne redenaars kompetisie. Die graad 7’s kry ‘n onvoorbereide toespraak en die graad 6’e kry net ‘n onvoorbereide vraag om te beantwoord.
- Divan van Wyk
Leerders wat gaan deelneem aan die ATKV Redenaars kompetisie:
Gr. 4 & 5 ATKV deelnemers
Thea Kotze, Kristie van Wyk, Lisa Roome, Jasmyn Grundlingh, Emily de Beer, Janaé Greeff
Gr. 5 & 7 ATKV deelnemers
Larissa Klopper, Karli Marais, Lafras Beukes, Jorja Saunders, Teneal Grundlingh, Simeon Ceronio
Die graad 2’s en 3’s neem deel aan die Kletskouskarnaval
- Een van ons deelnemers besig om te praat
- Kletskous groep
- Demi
Leerders wat gaan deelneem aan die ATKV Redenaars kompetisie:
Gr. 2 & 3 ATKV deelnemers
Lukas Combrink, Dianca Rutherford, Danika Scheepers, Alexander Galatis, Estee-Mari Smit, Reuwan Henning
-
SPANREDENAARS
Die Kruiners wat aan redenaars en spanredenaars deelneem, poog om Afrikaans in sy totaliteit te bevorder. Soos die gesegde sê: “Om jou èèn taal tot nut te gebruik is ‘n groter kuns as om sewe vreemde tale by te leer.”
Laerskool Helderkruin streef daarna om elke leerder die geleentheid te gee om hom/haarself ten volle te ontwikkel deur die nodige selfvertroue te bou, eie menings en argumente te staaf en ander daarvan te oortuig.
Ons neem jaarliks deel aan die ATKV se redenaars kompetisie en aan die Suid-Gauteng spanredenaarskompetisie.
PRESTEERDERS
2014
Die Junior Redenaarspan vir 2014 is:
Francois Krause, Chanté Duys, Danica Strydom,
Estia Scheepers, Zander de Wet.Die Senior Redenaarspan vir 2014 is:
Minke Marais, Jané van Geems, Sean Whitehead,
Thinette du Toit, Jolinda de KockDie dametjie kan praat – Delné Weideman
Delné Weideman Graad 5, het vanjaar (2014) vir die eerste keer aan die Kans!vatter Redenaars Kompetisie deelgeneem. Redenaars is een van Delné se gunsteling aktiwiteite en sy pak haar toesprake met baie entoesiasme en groot toewyding aan.
Sy het op die 20ste September 2014 by Hoërskool Montana in Pretoria aan die volgende Redenaars Kategorieë deelgeneem:
- Voorbereide Toespraak: Sprekersvaardighede 2
- Onvoorbereide Toespraak Graad 5
Sy is tydens die prysuitdeling aangewys as die Kategoriewenner vir die Onvoorbereide Toespraak Graad 5.
Hierdie is ‘n puik prestasie veral omdat dit die heel eerste keer is wat sy ‘n onvoorbereide toespraak aangepak het.
Sy het Laerskool Helderkruin weereens met trots verteenwoordig.
Ons is ongelooflik trots op haar en sien daarna uit om te sien wat sy volgende jaar tydens die ATKV kompetisie gaan bereik.
Redenaars: ATKV
Twaalf leerders van Laerskool Helderkruin het deelgeneem aan die ATKV Redenaars by Helpmekaar. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Die leerders het baie goeie ondervinding opgedoen en het die uitdaging terdeë geniet. Dankie aan elke leerder wat die skool se naam hoog gehou het. Baie geluk aan die volgende leerders wat deur was na die semi-finale. Karli Marais – Gr 3 Delne Weideman – Gr 4 Minke Marais – Gr 6 Dit is nie aldag wat ons twee sussies kry wat albei deur was vir die volgende ronde nie.