leerdersdistrik wasleerders leeshttp://wwwafricanstorybookorg/type/child-created-stories Best web hosting in malaysiataakCheap europe vpswas gehalteleerdersleerders
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
Comment are off

Ons leerders se stories…

 

Gaan lees ons leerders se stories aanlyn by

http://www.africanstorybook.org/type/child-created-stories  en

http://africanstorybookproject.wikispaces.com/Laerskool+Helderkruin%2C+Roodepoort

Die Kruiners het deelgeneem aan ‘n projek waar hulle stories geskryf het om te deel op die African Storybook webwerf.  Met die projek, waar die stories in PowerPoint geskryf is en self geïllustreer is, het die leerders baie ontwikkel.  Ons waardeer elke leerder wat tyd en moeite in ‘n storie ingesit het.

Omdat ons stories van hoë gehalte was, het Distrik D12 van die onderwysdepartement ons gevra om tydens die Literacy en Life skills dag, die stories aan die junior fase se leerders voor te lees en te wys. Vier van Helderkruin se leerders is genomineer om die pragtige stories voor te lees. Thinette du Toit (Gr 6), Falcon de Wet, Natasha Meintjies en Skye Schreiber (Gr 7’s) het hulle puik van hul taak gekwyt.  Hulle het  met entoesiasme die voorlesings hanteer en die kleingoed het aan hul lippe gehang en ook soms geskater van die lag.  Soos Falcon dit stel: “Daar skort niks met die Kruiners se kreatiwiteit nie en dan is hulle nog rekenaarvaardig ook.”

Sommige leerders het hulself oortref met die teken van hul prente.  Dit was wonderlik om te sien.  Ander het weer ongelooflike stories gehad.  Die Distrik was beïndruk met die stories en het enkele stories gedruk.  Op die foto is van die leerders wie se boeke gedruk is.  Geluk Kruiners!

Hier is die voorblaaie van sommige stories:

Oor die outeur

Hit Counter provided by technology news