o/14julie laerskool1’s keerplaasgevindmeersterkte laerskoolWhat is windows hostingontwikkel
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

Lees meer

Zanelle Kruger Gr 7, is die afgelope naweek gekies as deel van die o/14 Gauteng Skole Skyfskiet span. Sy verwerf haar Gauteng klere. Haar MQS pins word ook aan haar oorhandig – sy ontvang dit omdat sy tydens elke liga wat sy die jaar geskiet het die “Matrix Qualifying score” vir haar ouderdom geskiet het. September neem sy deel aan die SA kampionskappe wat in Belville in die Kaap gaan plaasvind. Baie sterkte Zanelle!

Arno de Beer het Saterdag 3 Augustus 2019 aan die jaarlikse Abacus Maths streekskompetisie deelgeneem het. Die kompetisie word gehou sodat leerders kan kwalifiseer om Nasionaal deel te neem. Leerders van regoor Gauteng neem deel. Daar was sowat 300 deelnemers.

Arno het weggestap met n Kampioen trofee asook ‘n 2de plek vir “dicatation” waar daar groot getalle gelees word en dit dan opgetel moet word en antwoorde gegee word.

Arno het hierde keer op n baie hoër vlak kompeteer en ook teen leerders ver bo sy ouderdom. Welgedaan Arno.

Lees meer

Kruiners hou weer heerlike Bakkersdag – die keer was ons Gr 1’s aan die beurt.  Daar was lekkernye te kies en te keur.  Die koekverkoping was ‘n reuse sukses en binne een pouse is alles sommer opgeraap.  Dit was voorwaar lip-lek-lekker. Dankie aan ons oulike mammas vir al julle moeite.

Saterdag 27 Julie het Laerskool Helderkruin se o/11 netbal span deelgeneem aan die D12 u/11 World Cup. Die byeenkoms het plaasgevind by Hoërskool Florida.

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die inisiatief geneem om verskeie skole bymekaar te bring en die gees van netbal te ontwikkel. Elke skool het vooraf ‘n land se naam getrek om te teenwoordig, die skole het die land uitgebeeld deur hul kleredrag, algemene kennis op ‘n plakkaat oor die land, ‘n handgemaakte landsvlag asook ‘n kreet saam te stel.   Afrigters is Mee. Charlene Staples en Marelie de Wet.
Laerskool Helderkruin het Zimbabwe verteenwoordig. Die ouers, afrigters en dogters het al van vroeg oggend af gereed gemaak om van die dag ‘n sukses te maak. Alhoewel dit koud was het dit nie die dogters gekeer om hul beste spel te speel nie.

Met groot trots kan Laerskool Helderkruin sê dat die Zimbabwe Krushers (Helderkruin o/11 span) die toernooi gewen het en goud verwerf het asook die gees beker gewen het.

Baie sterkte aan Laerskool Helderkruin se o/11 span wat die D12 gaan verteenwoordig by die Regional u/11 Mini-World Cup.

IMG-20190727-WA0011

Baie geluk aan ons eerste Hokkie spanne – seuns en dogters. Dankie aan ons borge vir die spelers se netjies klere en baadjies. Saam met die dogters is hul afrigters Mee. Stephanie en Elmien.  Sterkte met die seisoen en die ligawedstryde wat voorlê.

 

“Skaakkampioen – Edward Potgieter het in die Julie vakansie aan die Suid-Afrikaanse Ope Skaak toernooi in Kimberley deelgeneem. Hy het ‘n algehele 3de plek in die Ope afdeling behaal en 5de in die Skole afdeling o/13 waar hy in die kleure van Laerskool Helderkruin gespeel het. Vir sy 5de plek in SA Skole, is hy uitgenooi om in 2020 Suid-Afrika skole in Lima, Peru te gaan verteenwoordig. (3de Jaar in ‘n ry SA kleure!!)

Edward is uitgenooi om aan die WCCC (World Cadets Chess Championship) deel te neem vanaf 14 Augustus 2019 – 5 September 2019 in Weifang, China. Hierdie is die tweede keer wat Edward aan die prestige toernooi gaan deelneem.

Baie sterkte Edward – ons hou styf duim vas!”

Edward 3de plek SA Ope

Lees meer

Lees meer


Hit Counter provided by technology news