viool  bespeelprestasieshaar klavier  viool ‘nCheap europe vpsstatus deurbespeel carina  klavier a+++                        prestasiesZombie panic source dedicated server
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
  • MUSIEK

    Tydens skoolure woon die leerders een maal per week ‘n musiekperiode by.
    Hulle leer notasie aan asook bespeling van Orff- en slaginstrumente

  • KUNSWEDSTRYD

    Leerders het die geleentheid om jaarliks deel te neem aan verkeie kunswedstryde wat op die Wesrand aangebied word. Die skool neem ook 2 jaarliks deel aan RAK (Roodepoortse Afrikaanse Kunswedtsryd)

    Die kunswedstryd sluit musiek sowel as drama in.

    Foto verskaf deur Status Studios

    Solosang 2016 Foto verskaf deur Status Studios

     

    Dewald Willemse (Gr 2) het deelgeneem aan die Eisteddfod – Instrumentaal en pragtig presteer met ‘n A+.  Volgens die beoordelaar (SM van Wyk) kan hierdie mannetjie ‘n wonderlike pianis word as hy net hard werk.

    Willie Naude (Gr 5) en sy Sussie Carina(Gr 4) het hulself oortref met al die toekennings tydens die Eisteddfod.  Willie het die volgende prestasies behaal met sy cello en klavier:

    Solo items:                          1 x A+++
    3 x A++
    5 x A+
    2 x A

    Ensemble werk:               3 x A+++
    2 x A

    Orkes:                                   A++

    Volgens beide leerders se repliek het hulle besonderse talent en wys hulle keurige versorging van die tegniese aspekte dat hulle ook hard werk.  Daar is baie talent, maar hulle ontwikkel dit.

    Carina  bespeel die Viool  en klavier.  Haar prestasies lyk soos volg:

    Solo items:                          2 x A+++
    5 x A++
    4 x A+

    Ensemble werk:               3 x A+++

    Orkes:                                   A++

    Volgens die beoordelaar het Carina ‘n wonderlike talent met die viool.  Sy bespeel die klavier net so mooi. Dit is vir die gesin (Wimpie, Drina, Willie en Carina) heerlik om saam musiek te maak.  Vir hul “Mixed instrumental: Family Item (Quartet)” het hulle A+++.  Is dit nie wonderlik om nog ‘n gesin te kry wat saam musiek maak nie.

    Baie geluk aan Anoushka Steenekamp wat goud en ‘n A+ vir blokfluit behaal het in die Eisteddfod.

    Ons hoop julle musiek gaan julle nog baie vreugde verskaf! Mag julle nog baie uitvoerings lewer.

    Dit is wonderlik om te sien dat drie van Helderkruin se jong leerders presteer met klavier.  Carlé Olivier (Gr 1), Christo Booysen (Gr 3) en Ninda du Toit (Gr 4)  het deelgeneem aan die Eisteddfod – Instrumentaal  by Hoërskool Monument.  Aldrie het hulle eie keuse by die bladmusiek gespeel, maar met goeie eggo effek en mooi frasering.  Christo het die bladmusiek van: the Call of the Horn gekies.  Maak verder mooi klanke julle drie, ons wens julle sterkte toe met die musiek loopbaan.

     

  • TALENT

    Ons het verskeie dansers in Helderkuin asook leerders wat uitblink in viool en tjello

    Danse: Kaylin Booyens Dans

    Christiaan Naude :   Tjello:   2017 – Hy verwerf 5 x dubbelplus met sy tjello tydens die Monnas Eisteddfod.

    Eisteddfod Musiek Christiaan Naude

    Nina  Gr2:   Viool

    Carla en boetie gr 6 en 5 L Hip Hop

    Carina Naude (gr 7 leerder 2016) is ‘n hoogs begaafde vioolspeler van Laerskool Helderkuin

    Sy het al verskeie landswye toekennings ontvang. Sy speel ook in die Nasionsale Jeugorkes

     


Hit Counter provided by technology news