Comment are off
Me. Elmien Roesch ons nuwe MBK Juffrou
Biografie
Elmien Roesch is ‘n liefdevolle, hardwerkende en passievolle mense mens en het ‘n graad in BSc Menslike Bewegingskunde en Fisiologie by Noordwes Universiteit in Potchefstroom voltooi. Sy gaan MBK vir graad RR tot graad 2 aanbied by Laerskool Helderkruin. Sy het ‘n groot liefde vir kinders en liggaamlike opvoeding. Sy was ‘n assistent in 2018 en het in ‘n paar klasse waargeneem as ‘n onderwysseres en het sodoende baie praktiese ondervinding opgedoen. Sy is vreeslik opgewonde om haar passie uit te leef en liefde met die kinders te deel.