Leerders ontwikkel deur kuns. Dit is ‘n medium waardeur jy jou kreatiwiteit kan uitleef.
KREATIEWE KUNS
Gr. 7 Bou ‘n totempaal van afvalpapier
Saam met die kennis van die Noord-Amerikaanse Indiane het hulle totempale van karton gebou. Verskeie diere is uitgebeeld en dan as groep saam gevoeg.
KREATIEWE KUNSWEDSTRYD
2015
2014
Afdelingswenner
Kreatiewe Kuns:Sunelle Swanepoel het tydens die 2014 kunswedstryd weggestap as afdelingswenner van die skilder. Sy ontvang ’n trofee daarvoor.
Kruiners se talentvolle Kunstenaars!
- Eunice Breytenbach
KUNSKOMPETISIES
Kunskompetisie met ‘n mooi doelwit
Laerskool Helderkruin se Gr. 4 – 7 leerders het deelgeneem aan die AACL-kompetisie (Animal Anti-Cruelty League) Dit is ‘n kompetisie waarin donasies bymekaar gemaak word om die mishandelde diere te help deur die AACl se onbaatsugtige diens.
Die Gr 4 – 7 leerder moes “Be kind to animals” op hulle eie unieke manier uitbeeld. Die Kruiners het ywerig deelgeneem aan die uitbeeldings en ‘n mooi bedrag is bymekaargemaak.
FOTO'S