gelukmaakkeerbeukes justinriaanBuy linux vpsbaiekeerjarekligawenners
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

Kruiners presteer op die Sportveld! Die keer is dit die O/10A Krieketspan! Hulle is die Skole Liga wenners vir die tweede agtereenvolgende jaar!

Die wedstryd het plaasgevind by Laerskool Helderkruin teen Weltevreden Park Primary! En volgens Mnr Riaan van der Watt, die afrigter was dit voorwaar ‘n span poging! Met ‘n baie stewige aanvangsgemeenskap tussen kaptein Divan Spies en Heino van Rooyen het die span ‘n sterk wegspring gehad! En danksy die  blitsige lopies van Carl Whitehead, het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree!

Baie geluk ouens! Julle maak ons trots!

Saamgestel deur: H.M Olivier

0/11 Krieket ligawenners

Baie geluk aan ons 0/10 Krieketspan wat ligawenners is.  Ons is baie trots op julle spelers.

Heino van Rooyen, Ruan Nel, Morné Ehlers, Marcin van Eyssen, Justin Beukes, Divan Spies (kaptein), Liam Jacobs, Keaton van Deventer, Juan Fourie, Jandré Labuschagne, Jarek Greeff en Carl Whitehead saam met hul afrigter Mnr. Riaan van der Watt (Adjunkhoof)


Hit Counter provided by technology news