Best price web hostingBest web hosting domainmaandagdoelBest web hosting in malaysiamelindaWeb hosting with emailhardeeindig’n
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
  • KINDERKOOR

    • Kinderkoor is onder die begeleiding van Melinda Nel en koorleier Schalk van der Merwe

       

      Kinderkoor k

    • Koorkampe se doel is om die liedere in te oefen en te bestudeer.  Verder word die leerders ook as eenheid saamgebind met die aktiwiteite.  Die koorleiers word aangewys sodat die koor vlot kan verloop.

    • Koorfees ’n ware sielservaring

      Helderkruin bied  jaarliks ‘n baie vrolike Koorfees aan. Die ouditorium word gepak met opgewonde ouers.  Die aand word gewoonlik afgesluit met ‘n massakoor van sowat 300 koorlede. Ons is baie trots op ons Junior- en Kinderkoor wat ons jaarliks trots maak met hulle pragtige stemme.

    • Ons Kinderkoor onderneem jaarliks ‘n weeklange toer na verskeie bestemmings in ons land.

      Ons het al saam met die Drakensberg Seunskoor opgetree. Die optrede is in Japan uitgesaai.

    • Kruiners gaan groot by Sing in Harmonie

      Ons spog graag met ons twee kore… Dankie aan Me. Melinda Nel en Schalk van der Merwe en elke koorlid en hul ouers. Dit neem harde werk, opoffering en toewyding om so n fenominale sport te bereik. Tydens die nasionale kompetisie, van die skoolkore program – Sing in Harmonie het ons kore as volg presteer:
      Die Juniorkoor behaal…
      Kykerkeuseprys
      Beste gewyde lied
      Algehele 3de plek

      Die Kinderkoor…
      Ongelooflike sterk kompetisie maar eindig in die Top 5 kore uit 180 inskrywings. Om die kompetisie op Kyknet te sien, dagboek 21 Oktober vir die uitsending. Ons as Laerskool Helderkruin is ongelooflik trots op julle.    Weereens geluk!

      koor

  • JUNIORKOOR

    • Ons Juniorkoor bestaan uit leerders van Gr 1 tot Gr. 3. Ons oefen op ‘n Maandag en Woensdagmiddag van 13:00 tot 14:00

      Ons Juniorkoor neem ook hierdie jaar weer deel aan Sing in Harmonie

      Die koor se dirigent is mnr. Schalk van der Merwe. Koororganiseerder is Melinda Nel

    • Ons Juniorkoor hou jaarliks ‘n heerlike speelmiddag om vir die leerders dankie te sê vir die jaar se harde werk


Hit Counter provided by technology news