waar voortrekkerloopbaankampmalherbe hansie labuschagneBest web hosting plansBigrock coupon codescoetzeebygewoon kamp hierdieWhat is windows hostingWindows xp hostingneef
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
Comment are off

Helderkruin Voortrekkers ROCK dit op Voorslagkamp!

Die Graad 7 Renosterspan van Helderkruin Voortrekkers het die naweek van 8 tot 10 September die Voorslagtoetskamp te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas bygewoon. Hierdie kamp was die kersie op die koek van hul laerskool Voortrekkerloopbaan, waar hulle getoets is in 10 afdelings, waaronder:

  • Ek as Mens – Lewensloop, Herkoms, Groepsdruk, Ontwikkeling as leier
  • Ek in my Omgewing – Kaarte, Metodes om rigting te bepaal, Kampering, Touwerk
  • Ek as Voortrekker – Wapen, Vlag, Samestelling en Range
  • Voortrekkerwees – Grondslag, Wese, Kode, Belofte
  • Ek as Afrikaner/Landsburger – Afrikaner vandag, Afrikanereienskappe, Nasionale lied en vlag,
  • Lands- en Voortrekkergeskiedenis
  • Seremonies
  • Sang en Spele
  • Situasies

Die Penkoppe en Drawwertjies van Laerskool Helderkruin wat hierdie kamp bygewoon het is:

Zoë Labuschagne , Hansie Malherbe, Detlef Smit en Lenzo van Rooyen.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – Helderkruin se naam is orals gehoor, en ons het net komplimente gekry!

Neef Hein Coetzee en Nig Juliette Ferreira

Oor die outeur

Hit Counter provided by technology news