Best web hosting domainBest web hosting for artistsmnr aangestelmnr vanafvanafkrag toekomsrekeningaangesluitwordjare
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
Gedurende Januarie 1986 open Laerskool Helderkruin vir die eerste keer sy deure vir 388 leerders en 14 personeellede.
Aan die stuur staan die waarnemende hoof, Mnr HJP Duvenhage.
Mnr. Duvenhage en PersoneelMnr. Duvenhage en Personeel

Maart 86 (2)
Maart 86 (4)
Maart 86 (1)

Mnr. HP Meyer word in Augustus 1986 as hoof aangestel. Mnr. Meyer is op 11 Februarie 1996 oorlede.

Hoof Mnr. Meyer

Mnr. F Volschenk

Mnr Volschenk neem waar as hoof en word op 1 Januarie 1997 as hoof aangestel.

Mnr. Schutte het vanaf 12 Januarie 2010 aangesluit by Helderkruin as hoof.

Mnr. C Schutte

 

Een van die eerste hoogtepunte was die eerste revue ‘Sonskyn-land’ in 1988. Sedertdien het dit ‘n instelling by die skool geword om produksies van hoogstaande gehalte op die planke te bring.Laerskool Helderkruin is een van die sterkste voedingskole vir die hoërskole in Roodepoort. Met trots kan ons uitwys dat oud-Helderkruiners deurgaans op akademiese gebied uitstekend vaar en telkemale in verskeie hoërskole met die louere wegstap.Op sportgebied is Laerskool Helderkruin altyd ‘n krag om mee rekening te hou. Moderne sportgeriewe soos weervaste krieket- en netbalbane, ‘n sintetiese kolfblad en uitstekende krieketnette verseker dat leerders se sportafrigting ‘n hoë prioriteit geniet. Afgesien van die sportvelde is daar verskeie verbeteringe oor die afgelope aantal jare aangebring.

  • Elektriese veiligheidshekke
  • Fiksheidsentrum
  • Lugverkoelde rekenaarlokaal met 33 rekenaars
  • Snoepwinkel en kafeteria
  • Nuwe paviljoene
  • Nuwe personeelkamer
  • ‘n Nuwe Administratiewe blok is  aangebou
  • ‘n Nuwe Gr. R blok  is aangebou
  • Nuwe Klasse is aangebou.

Met pragtige geriewe en ‘n wonderlike geskiedenis kan Laerskool Helderkruin in die toekoms net van krag tot krag gaan.

Lugfoto van Laerskool Helderkruin (2011)

Lugfoto van Laerskool Helderkruin (2011)

lugfoto's (5)

 


Hit Counter provided by technology news