omdat‘njareleerders leer opBigrock coupon codesleerderswaar projekhttp://wwwafricanstorybookorg/type/child-created-stories koosgenot
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za

Gr. 7 is een van die besigste jare by Laerskool Helderkruin en dit vorm die finale fase by die laerskool.

  • ENTREPRENEURSDAG

    Dit vorm deel van die leerders se akademiese punt.  Die leerders word beoordeel en bepunt. Hulle is ongelooflik kreatief met hul idees en die stalletjies word feestelik versier.  Nie net leer die leerders om goed te beplan nie, maar hulle besigheids-kennis word verbreed.

  • TEGNOLOGIE

    Helderkruin se Gr 7 leerders leer op ‘n praktiese en kreatiewe manier, hoe werk hidroliese krag.  Dit is vir hulle vet pret, maar tog leer hulle baie.  Die leerders leer nie net hoe kragtig hidrolies krag is nie, maar hulle leer van samewerking in groepe.  Meneer Koos Kruger is die onderwyser wat Tegnologie aanbied op ‘n stimulerende, verrassende manier.

    Dit is mos hoe ‘n mens leer – deur navorsing, doen en dan verstaan.

     

  • KUNS

    Die Graad 7 leerders is hier aan die vervaardiging van ‘n Afrika Masker.  Die vervaardiging begin met die basis uit koerantpapier en gom. Afgesien dat dit so tydsame proses is en deeglike beplanning van die onderwyser verg, is die genot van die leerders ‘n beloning.

  • LEWENSVAARDIGHEID

    • Hierdie vak gee onder andere vir leerders opleiding aangaande verskillende beroepe.  Daarom word daar jaarliks ‘n “Beroepe-dag” gehou.  Die leerders beeld verskillende beroepe uit.

    • By Laerskool Helderkruin leer die kinders om uit herwonne materiaal iets te maak.  Die Gr 7 leerders moet vir Lewensvaardigheid ‘n snaarinstrument  maak.  Hulle het opgekom met die oulikste idees en het dit nog mooi versier ook.  Dit is wonderlik om te sien dat ons leerders nog kreatief kan wees en dit geniet ook.  Die trots op die gesigte verklap hulle gevoel oor die selfgemaakte instrumente.  Wel gedaan Kruiners.  Dit verryk die leerders om te dink wat hulle kan maak uit herwonne materiaal.
  • Engels

    Gaan lees ons leerders se stories aanlyn by

    http://www.africanstorybook.org/type/child-created-stories  en

    http://africanstorybookproject.wikispaces.com/Laerskool+Helderkruin%2C+Roodepoort

    Die Kruiners het deelgeneem aan ‘n projek waar hulle stories geskryf het om te deel op die African Storybook webwerf.  Met die projek, waar die stories in PowerPoint geskryf is en self geïllustreer is, het die leerders baie ontwikkel.  Ons waardeer elke leerder wat tyd en moeite in ‘n storie ingesit het.

    Omdat ons stories van hoë gehalte was, het Distrik D12 van die onderwysdepartement ons gevra om tydens die Literacy en Life skills dag, die stories aan die junior fase se leerders voor te lees en te wys. Vier van Helderkruin se leerders is genomineer om die pragtige stories voor te lees. Thinette du Toit (Gr 6), Falcon de Wet, Natasha Meintjies en Skye Schreiber (Gr 7’s) het hulle puik van hul taak gekwyt.  Hulle het  met entoesiasme die voorlesings hanteer en die kleingoed het aan hul lippe gehang en ook soms geskater van die lag.  Soos Falcon dit stel: “Daar skort niks met die Kruiners se kreatiwiteit nie en dan is hulle nog rekenaarvaardig ook.”

    Sommige leerders het hulself oortref met die teken van hul prente.  Dit was wonderlik om te sien.  Ander het weer ongelooflike stories gehad.  Die Distrik was beïndruk met die stories en het enkele stories gedruk.  Op die foto is van die leerders wie se boeke gedruk is.  Geluk Kruiners!

    Hier is die voorblaaie van sommige stories:

  • SKRYFBEHOEFTES

    Gr 5 – 7 Skryfbehoeftes (Klik om besonderhede te sien)

 


Hit Counter provided by technology news