opstaanliefdetemaBest web hosting for small businessdink stop goedgesindwees held ‘nverskil ‘nanders iemandtrekboeliegedrag
Telefoon: (011) 764-2506
E-Pos: info@kruiners.co.za
Comment are off

Boelieweek – Wat is jou storie?

Die week was ‘n leersame en interessante week vir die Kruiners. Hulle het elke dag ‘n nuwe tema hanteer. Die Kruiners ken nou die verskil tussen terg, baklei en boelie. Asook wat dit beteken om in iemand anders se skoene te loop – empatie te hê en al was jy seer gemaak, kan jy opstaan en ‘n verskil in ander se lewens maak – jy kan ook ‘n held wees (“top dog”). Onthou ook “Liefde Wen” – soos die Bybelse riglyn ons herinner – die liefde glo alles, hoop alles en bedek alles. Trek elke dag jou skoene aan, jou storie en besef elke ander persoon loop ook in ‘n paar skoene wat dalk druk en skaaf, so wees goedgesind, stop, dink en tree in liefde op. Met groot dank aan Hennie Vorster (Sielkundige), Karien en Nicholene wat met ons leerders kom gesels het. Dankie aan Corrie en sy span van Top Dogs wat ons bewus gemaak het van die rol van die spesiale honde en wat die doel van ‘n terapie hond is. Boeliegedrag STOP by ons!

Oor die outeur

Hit Counter provided by technology news