Gedurende die eerste kwartaal word hoofsaaklik op atletiek gekonsentreer. Massadeelname word sover moontlik aangemoedig. Elke kind kry die geleentheid om in ‘n bepaalde prestasiekatagorie deel te neem. Gekwalifiseerde afrigters is baie nou gemoeid met die afrigting van ons leerders en hier word leerders geleer dat harde werk beloon word.
Huissport
Ag is dit nie heerlik om nog soos ‘n kind te kan hardloop vir die pret en nog die lewe te geniet nie! Laerskool Helderkruin se Interhuis is die geleentheid waar elke leerder die geleentheid kry om deel te neem. Ons hardloop in verskeie lopies. Dit gee elke deelnemer die kans om teen sy eie sterkte kragte te meet. Op die foto’s kan gesien word hoe die leerders hulself geniet en baljaar. Die entoesiasme was voelbaar en die feestelike atmosfeer het die atlete aangemoedig om hul beste te lewer.
Atletiek Kenmekaar en Gr. RR, R en 1 Atletiek
Ons leer mekaar ken tydens die gesellige geleentheid waar alle atlete vir die genot deelneem. Ons kleiner maats sorg vir opwinding op die atletiekbaan en lag heerlik saam. Ons waardering aan al die ouers wat die kenmekaar ondersteun het. Mag u verbintenis met Helderkruin besonders wees.
KENMEKAAR 2015
Interlaer
Fasiliteite
2014
Ruben Eksteen en Charl Britz is saam met die Kruiners opgewonde oor die uitbreiding van hul atletiek fasiliteite. Die verspring putte is verbeter met ‘n sintetiese blad. Dit gaan veral in die reënweer beter vastrap verseker en ons glo die atlete sal dan ook voorbereid wees vir die stadions soos Ruimsig waar hulle gaan deelneem.
Ons spog ook nou met Diskus as deel van die atletiekprogram om te verseker dat leerders soveel moontlik blootstelling kry aan verskillende atletiek items en voorbereid is vir die Hoërskool. Diskusnette is opgerig en sodoende kan leerders die korrekte tegnieke aanleer en ander leerders se veiligheid word verseker.
Laerskool Helderkruin betree in nuwe opwindende atletiek era. Personeel, leerders en ouers is baie opgewonde oor die toekoms van atletiek.
Kruiner Kampioene
2017
Gauteng kampioenskappe
- Jandre 3de Gauteng gewigstoot
- Mienke 2de ple Gauteng stap
- Mienke stap op Gauteng
D12 kampioenskappe
2016
2015
Twee Helderkruin Atlete mik na goud tydens SA’s
10 Kruiner Kampioene na Gautengkampioenskappe
D12 kampioenskap prestasies
0/13
Diana van Zyl 1ste plek in al drie haar items: Verspring , 75m H, 200m H en 200 m
Andeon Olivier – Spiesgooi 2de en Diskus 3de
0/12
Christiaan Pauer 1ste plek Diskus
Heinrich Verheem 2de plek 150m en 2de 100m
Dian Henning gewigstoot 1ste en Spiesgooi 2de
0/11
Liezl Cloete 70 m Hekkies 2de
0/10
Jandré Labuschgne Gewigstoot 1ste
Lu-Rika Helberg 100m 1ste
Crystal-Leigh Schaper gewigstoot 2de plek
Angelique de Jager – hekkies 70m
Atlete wat deur is vir die Roodepoort
Kampioenskappe
Ons is trots op ons atlete wat deur is vir die Roodepoort Kampioenskappe.
0.6 seuns
Jaydon Jubber
60 m 1ste plek
80 m 2de plekEttienne Pienaar 80 m 1ste plek
0.7 dogter
Megan Keys 80 m 3de plek
0.7 seuns
Wian Delport
60 m 1ste plek
80 m 1ste plekJayden Venter 80 m 2de plek
0.9 dogters
Luzhe Potgieter
60 m 1ste plek
80 m 2de plek0.9 seuns
Malcom v Staden 60 m 2de plek
2014
Luan Swart hoogspring: Gauteng kampioenskappe: 1ste plek
Jani van Biljon spiesgooi: D12 kampioenskappe: 2deplek
Andeon Olivier spiesgooi. D12 kampioenskappe: 1ste plek
Hanno Labuschagne diskus: D12 kampioenskappe: 3de plek
Diana van Zyl: D12 kampioenskappe: 1 ste 150 m hekkie en verspring
Jeanli de Klerk : D12 kampioenskappe: 2deplek 75 m hekkies
Wian Steenkamp: D12 kampioenskappe: 1ste plek 200 m hekkies en 2de plek met die 80 m hekkies.
Warroll Raymond: D12 kampioenskappe: 2deplek: 150 m hekkies.
Heinrich Verheem 80 m: Roodepoort kampioenskappe: 1 ste plek
2013
Atletiek Presteerders:Baie geluk aan twee van ons atlete wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het. Luan Swart het met sy hoogspring ‘n silwer medalje verdien en Tristan Delaseur met diskus en spiesgooi het hy baie goed gevaar.