2014
Algemene Kennis Quiz
Op 27 Maart 2014 het 40 Gr 4-7 leerders deelgeneem aan ‘n Algemene Kennis Quiz by Laerskool Helderkruin . Leerders het baie hard gewerk om seker te maak hulle is op hoogte van al die land se nuutste nuus en pryse om te verseker hul word nie vasgevra nie .
Leerders was in spanne op gedeel met ‘n leerder per Graad in elke span. Daar was verskillende afdelings soos: Nuutste nuus ,Musiek ,Ons trotse taal ,Blitsig in Wiskunde en vermaak .
Spanne het behoorlik gewoeker met die antwoorde . Families het die kinders kom ondersteun met hul piekniekmandjies en ‘n heerlike kuier geniet .Daar was selfs ‘n afdeling waarin die ouers deelgeneem het en dit was nou groot pret.